Slimkop Katalogus – 2019

Die Slimkop! Katalogus vir 2019 is nou beskikbaar:

Inleiding

Slimkop! verskaf nie net aan Sielkundiges, Terapeute en Onderwysers nie, maar ons maak dit ook maklik vir elke ouer om op ‘n prettige manier, SPEEL-SPEEL hul kinders te help ontwikkel en te leer.

Ons groot verskeidenheid opvoedkundige produkte is spesifiek vir kinderontwikkeling geformuleer en ontwerp. Dit verskaf die nodige stimulering sowel as grof- en fyn motoriese ontwikkeling.

Die brein het nodig om die belangrike vaardighede aan te leer wat as basis dien om verdere vaardighede te kan verstaan! Maak dus nou al jou kind se vingertjies behendig om toekomstige sukses op die skoolbanke aan te help! Ons verseker u van ure se genot, nie net vir u kind nie, maar ook vir die kosbare tyd saam met ons kinders!

Omdat ons lewe deesdae so besig is, wil ons as ouers en grootouers kwaliteit-tyd saam met ons kinders en kleinkinders spandeer want ‘n kind spel liefde: “T-Y-D”! Laat jul tyd saam geld!

By Slimkop! poog ons om altyd hoë gehalte Opvoedkundige Speelgoed en Produkte te verskaf teen bekostigbare pryse.

Ons waardeer enige terugvoer en sal graag van jou ervaring i.v.m Slimkop! wil hoor.

Laai jou katalogus hierso af:

 

 

No Comments

Laat 'n boodskap

Sluit aan by ons Nuusbrief!